As jy soos ek van die platteland af kom, sal jy weet ’n basaar is ’n groot affêre! En jy gaan nie huis toe voor jy ’n draai by die poedingtafel gemaak het nie.
genoeg vir 8
15 ml gelatienpoeier
30 ml water
80 g-boks framboosjellie (sien onder vir variasies)
400 ml-blik yskoue ingedampte melk
400 g frambose, gepuree
Meng gelatien en water en laat staan vir 5 minute tot sponsagtig. Maak jellie volgens aanwysings op pakkie aan. Smelt gelatien in mikrogolfoond vir 30 sekondes. Meng by jellie. Klits ingedampte melk tot styf. Meng helfte deur die jellie en vou die res in. Vou frambose in. Spoel ’n 2 liter-jellievorm met water uit en gooi die mengsel daarin. Plaas vir 4 – 6 uur of oornag in yskas om te stol. Doop vorm vinnig in kookwater en keer uit op opdienbord. Sit voor met ekstra frambose.
VARIASIES
Groen: Vervang framboosjellie met groen jellie en frambose met 400 g kiwivrug. Sit voor met gekapte pistasieneute.
Oranje: Vervang framboosjellie met lemoenjellie en frambose met 230 g-houer grenadellapulp. Sit voor met ekstra pulp.
The post Die ware basaarpoeding appeared first on SARIE.