Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

My ma se grenadella-kaaskoek

$
0
0

Ek het grootgeword met yskaskaaskoek en eers die gebakte weergawe leer ken toe ek in die stad kom. Hierdie is my ma se resep – natuurlik opgetof!

200 g-pakkie tennisbeskuitjies, fyngemaal

80 g (85 ml) botter, gesmelt

25 ml gelatienpoeier

150 ml water

100 ml suurlemoensap

skil van 2 suurlemoene

385 g-blik kondensmelk

385 g-houer gladde maaskaas

500 ml room

BO-LAAG

2 x 115 ml-blikkies grenadellapulp

30 ml mielieblom

60 ml water

Spuit 30 cm- ronde losboompan met kleefwerende kossproei. Meng koekies en botter goed. Skep mengsel in pan en druk kors stewig met lepel se agterkant op bodem vas. Meng gelatien en water en laat staan 5 minute. Meng sap en skil van suurlemoen met kondensmelk. Voeg maaskaas by en meng tot gladde mengsel met draadklitser. Plaas gelatien in mikrogolfoond en verhit vir 30 sekondes. Voeg by kondensmelkmengsel en meng deur. Klits room tot sagte punte vorm en vou by kondensmelkmengsel in. Gooi in pan en plaas 4 – 6 uur of oornag in yskas.

Bolaag

Verwyder ring van kaaskoek en plaas kaaskoek saam met die bodem van die pan op opdienbord. Bring grenadellapulp tot kookpunt. Meng mielieblom en water tot gladde mengsel en voeg by grenadella. Roer met draadklitser tot mengsel verdik. Verwyder van plaat, laat afkoel en klits tot glad. Skep op kaaskoek en sit voor.

The post My ma se grenadella-kaaskoek appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!