Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

’n Fees vir Kersfees: feestelik en sag

$
0
0

Sanette Viljoen wil elke dag Kersfees vier. Bo die tafel sweef geel en wit tossels wat ’n sagte atmosfeer skep. ’n Feestelike gevoel word geskep met silwer draperings en Kersfeesballe.

Sanette Viljoen se spyskaart:

  • Hoenderpastei in kersklapper
  • Kersfeesham
  • Trifle met Oreo’s, karamel en donkersjokolade

HOENDERPASTEI IN KERSKLAPPER

Bedien 6

  • 45 ml botter
  • 250 g bruin sampioene, in skywe gesny
  • 2 gaar hoenders, fyngevlok
  • 350 ml room
  • 100 g okkerneute
  • 100 g pekanneute
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml kaneel
  • 5 velle fillodeeg
  • 100 g (110 ml) botter, gesmelt

Verhit die oond tot 180 °C. Verhit botter in ’n braaipan en braai die sampioene tot goudbruin. Voeg die hoender by en braai nog 5 minute. Gooi room en neute oor en laat dit stadig prut sonder ’n deksel tot die mengsel dik en romerig is. Geur goed met sout en peper. Voeg kaneel by en meng deur. Laat die vulsel afkoel.

Plaas een vel fillodeeg op ’n werkvlak en verf dit met botter. Skep van die hoendermengsel in die middel van die deeg. Rol die deeg stewig op in ’n lang wors en druk die kante toe sodat dit lyk soos ’n Kersfeesklapper. Pak hoenderrolle in oondbraaibak van 20 x 15 cm. Verf alles weer met oorblywende botter. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

KERSFEESHAM

bedien 10

  • 1 groot gerookte ham (gammon), been en vel aan
  • 2 uie, gehalveer
  • 4 lourierblare
  • 10 swartpeperkorrels
  • hand vol heel naeltjies

Glasuursel

  • 1 x 500 g-bottel heuning
  • 60 ml korrelmosterd
  • 500 ml nartjiesap (of lemoensap)
  • skil en segmente van 4 nartjies (of lemoene)

Plaas die ham in ’n groot kastrol. Voeg die ui, lourierblare en peperkorrels by. Bedek met water en bring tot kookpunt oor hoë hitte. Kook 30 minute per 500 g, minus 30 minute vir die tyd wat die ham moet bak. (Die 4 kg-ham het 3½ uur lank gekook.) Haal versigtig uit die water en trek die vel af terwyl dit nog warm is sodat die vetlaag wys. Sit in ’n oondroosterpan.

Gebruik ’n skerp mes en sny ’n diamantpatroon in die vetlaag. Druk ’n naeltjie in elke vetdiamant. ( y kan dit alles die dag voor jy die ham gaan voorsit, doen.)

Glasuursel.

Verhit die oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele, behalwe die nartjie-segmente, in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Laat prut vir 1 minuut en verwyder van hitte.

Gooi die hele mengsel oor die ham. Plaas die ham oop in die oond en rooster vir 30 minute. Skep elke 10 minute van die glasuursel in die pan oor. Bak tot die ham goudbruin is. Sit op mooi opdienbord en strooi nartjie-segmente oor. Sit voor.

TRIFLE MET OREO’S, KARAMEL EN DONKERSJOKOLADE

Bedien 10.

  • 2 x 176 g-bokse Oreo-koekies (of enige ander sjokoladekoekie)
  • 15 ml gelatien
  • 50 ml water
  • 3 eierwitte
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 2 x 360 g-blikke karamelkondensmelk
  • 80 ml melk
  • 500 ml winkel-vanieljevla
  • 1 ronde winkel-sjokoladekoek
  • 60 ml sjerrie
  • 125 ml room
  • 200 g donkersjokolade

Krummel die koekies tot ’n growwe mengsel en gooi die helfte onderin ’n 3 liter-glasbak. Week gelatien in water to sponsagtig. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser by hoë spoed tot daar sagte punte vorm. Hou aan klits terwyl jy suiker geleidelik byvoeg. Klits tot blink en styf. Hou eenkant. Plaas die inhoud van een blik kondensmelk en melk in glasbak en verhit 3 minute in mikrogolfoond.

Roer met draadklitser tot gladde mengsel. Gooi geweekte gelatien by en roer weer tot gladde mengsel. Vou eierwitte by mengsel in en gooi oor koekies. Skep lepels vol van oorblywende blik karamel bo-op – dit sal wegsink in die mousse. Laat stol 3 uur in yskas. Gooi vla bo-oor en pak skywe koek bo-op. Sprinkel sjerrie oor. Smelt room en sjokolade saam in mikrogolfoond tot gemeng.

Sien voorskou hier:

 

 

The post ’n Fees vir Kersfees: feestelik en sag appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!