Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Spaghetti-roomys? Jy lees reg!

$
0
0

Wat kom by ’n lekker romerige roomys? Daar is roomys in elke geur en kleur, selfs swart roomys – lees meer hiér. Maar het jy geweet jy kry ook spaghetti-roomys?

Dit word spaghetti-eis genoem: ’n roomysgereg wat in die 1960’s in Duitsland gewild geraak het. Dit is vanieljeroomys wat deur ’n aartappeldrukker (potato ricer) gedruk word sodat dit soos spaghetti lyk, en dan met ’n aarbeisous (om soos tamatiesous te lyk) en óf klapper- of amandelvlokkies óf witsjokoladeskaafsels (vir parmesaankaas) voorgesit word.

Deesdae word die roomys gevoer deur ’n spaghetti-buis wat aan ’n roomysmasjien gekoppel word. Dit gee die kenmerkende spaghetti-voorkoms, maar met heelwat minder moeite.

A post shared by Friederike (@friederikes) on

A post shared by Wheezy (@wheezyworld) on

Wil jy graag roomys eet wat soos spaghetti lyk? Die Durbanse roomysplek Eish Kream het spaghetti-roomys na Suid-Afrika gebring. Hul produkte word deur kostegnoloë en geurdeskundiges ontwikkel en hulle verkoop hul roomys hoofsaaklik by markte en by spesiale geleenthede.

Maar onlangs was hulle ook in Gauteng en van hul geure word nou vir die winkels verpak!

Tans is 10 geure beskikbaar in 10 winkels in Johannesburg, Pretoria en Durban. Hopelik is Kaapstad binnekort aan die beurt.

The post Spaghetti-roomys? Jy lees reg! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!