Hoe maklik is dit nie om jou tjops só gaar te maak nie. Jy hoef nie eens ’n vuur aan te steek nie.
• 12 lamsribtjops
• 100 ml olyfolie
• 2 takkies vars roosmaryn, blaartjies gestroop van takkies
• sap van 1 suurlemoen
• 2 knoffelhuisies, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond se rooster-element. Plaas tjops in ’n plat bak. Gooi olyfolie in ’n bakkie. Kap blaartjies van roosmaryn fyn en voeg saam met suurlemoensap by olie. Voeg knoffel by en geur met sout en peper. Meng alles goed saam en gooi oor tjops. Smeer olie goed oor tjops. Laat marineer 30 minute by kamertemperatuur. Pak tjops op ’n bakplaat en plaas onder roosterelement. Rooster tot mooi bruin en draai tjops om. Rooster aan ander kant tot mooi bruin. Haal uit en sit warm voor.
The post Oondgeroosterde lamstjops appeared first on SARIE.