Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Vier Vadersdag by een van dié eetplekke

$
0
0

Steak, bredie, burgers en natuurlik bier … só proe Vadersdag! Dis gul en gemaklike kos, net soos jou pa. Hier’s ’n paar restaurante reg oor die land waar jy kos soos dié kan geniet en in ’n ontspanne atmosfeer kuier – boonop teen ’n spesiale prys.

Onthou, vooraf besprekings is noodsaaklik op ’n dag soos Vadersdag, so spring gou!

Gauteng:

Johannesburg:

Mad Giant: Hier maak hulle hul eie boetiekbier op die perseel. Jy kan ’n biertoer bespreek waarop een van die brouers jou die hele proses wys en jy dan ’n bierproe geniet. Hulle het twee restaurante: Urbanology maak Oosterse tapas met ’n twist, terwyl die Mad Giant-biertuin meer informeel is. Hier kan jy bier en burgers in die buitelug geniet. Die biertuin is net oor naweke oop, maar die biertoer en Urbanology is ook op weeksdae oop. Tel: 011 492 1399

Maboneng:

Market on Main: Dis die perfekte plek om jou pa na te neem as hy hou van goeie kos in ’n gemaklike atmosfeer. Market on Main is, soos die naam aandui, ’n mark met ’n groot verskeidenheid kuns- en kosstalletjies. Daar is gewoonlik ook musikante wat optree. Eet van die fynproewerkos en geniet ’n skemerkelkie in die kroeg. Besoek hulle webblad vir tye en meer inligting.

A post shared by Market on Main (@marketonmain) on

Rosebank:

Marble: ’n Moet vir Vadersdag as jy op soek is na vleis-en-vlam. Hulle braai vleis op ’n oop vuur, die kos én diens is tops en die uitsig oor die stad boonop ongelooflik. Die pryse is dalk bietjie hoër as die gewone, maar dis beslis die moeite werd. Tel: 010 594 5550

A post shared by Marble (@marble_sa) on

 

Centurion:

Leriba Hotel: Spesiaal vir Vadersdag bied hulle ’n buffet aan teen R245 p.p. Die buffet sluit in ’n tapas-braai met boetiekbier, brandewyn, whisky, rum en wyn. Ideaal as almal ouer as 18 is. Tel: 012 660 3300

Rietondale:

Laughing Chefs: As jou pa ’n foodie is, moet julle hier bespreek. Hulle Vadersdagspyskaart spog met lamskenkel, geroosterde varklies, uieringe in bros bierbeslag en Guinness-sjokoladebrownies, teen R280 p.p. Tel: 082 823 7846

Wes-Kaap:

Kaapstad:

HQ: Dis ’n gewilde restaurant in die Kaapse middestad. Die atmosfeer is gemaklik, maar die plek steeds stylvol. Hulle het ’n spesiale aanbod op Vadersdag waar jy hulle ikoniese steak met tjips en slaai kry saam met ’n bier. Tel: 021 424 6373

A post shared by HQ CAPE TOWN (@hqcapetown) on


Darling:

Darling Brew: Darling Brew is bekend vir hulle uitstekende boetiekbiere, maar by die restaurant op Darling kan jy ook heerlike kos geniet. Hulle het ’n lekker Vadersdag-aanbod. Jy kan bros varklies of klewerige varkribbetjies en ’n 500 ml-Bone Crusher (een van hulle bekendste biere) bestel vir R150. Tel: 021 286 1099

A post shared by Darling Brew (@darlingbrew) on

Somerset-Wes:

Avontuur Wine: Hulle het vanjaar ’n ekstra-spesiale Vadersdag-aanbod: ’n biltong-en-wynproe wat bestaan uit vyf wyne en biltong in vyf verskillende geure, teen R80 p.p. Tel: 021 885 3450

Franschhoek:

Haute Cabrière Restaurant: Dié juweel is ook die perfekte plek om Vadersdag te vier. Hulle Vadersdagspyskaart is R370 p.p. met geregte soos bros varklies met mosterdsous, sirloin op die been, aartappels, blomkool gebak in kaas, appeltert en springmielieroomys. Tel: 021 876 2630

#FineDining #Living HauteCabrière

A post shared by Haute Cabrière (@hautecabriere) on

Paarl:

Spice Route: Van kaas tot kuns, hier is iets van alles vir die gesin. Jy kan jou piekniekmandjie neem en rustig kuier op die grasperk wat uitkyk oor Franschhoek, Paarl en Stellenbosch. Tel: 021 863 5200

The post Vier Vadersdag by een van dié eetplekke appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!