Vandag 39 jaar gelede het Jim Davis se geliefde gemmerkat-karakter Garfield die eerste keer ooit as strokiesprent in ’n koerant verskyn. Dis waarom 19 Junie Garfield-dag is.
Watter beter manier om die dag te vier as om ’n heerlike lasagne te maak? Dis immers Garfield se gunsteling-gereg!
Hier’s twee soorte om van te kies:
Tradisionele lasagne
In Suid-Afrika is lasagne seker naas pizza die bekendste Italiaanse gereg. Klik hier.

FOTO Micky Hoyle
Ravioli à la lasagne
Lasagne bestaan gewoonlik uit bolognese-sous, witsous en pastavelle. Met dié maklike gereg spaar jy baie tyd omdat jy nie die vleissous self maak nie. Pleks daarvan gebruik jy beesvleis-ravioli, wat jy sommer in die winkel koop. Ravioli is pastapakkies met ’n vulsel. Hoe klink dit, Garfield? Klik hier.

FOTO Micky Hoyle
Gelukkige Garfield-dag!
The post Dis Garfield-dag . . . maak lekker lasagne! appeared first on SARIE.