Dis môre, 18 Februarie, Wyndrinkdag. En niemand hoef ons twee keer te nooi nie.
As jy nóg ’n verskoning soek om ’n lekker glas wyn te skink, is hier ’n baie goeie een: Dis goed vir jou verhoudings, skryf SARIE-joernalis Marguerite van Wyk:
In navorsing deur die Health and Retirement Survey in Amerika waaraan 4 864 paartjies bo 50 deelgeneem het, is bevind as albei maats drink (of as albei glad nie drink nie), is die kans op ’n gelukkiger huwelik groter, berig Mashable. Die huweliksmaats wat aan die navorsing deelgeneem het, was almal sowat 33 jaar of langer getroud.
Veral vroue word beïnvloed indien hul maat se drinkgewoontes van hulle s’n verskil. Die navorsers kon nie presies vasstel hoekom pare se drinkgewoontes ’n uitwerking op hul huwelik se sukses het nie.
Dr. Kira Birditt, wat by die studie betrokke was, raai dit is dalk omdat pare wat saam drink meer dinge saam doen wanneer hulle ontspanne is en dan meer gehaltetyd in hul huwelik geniet.
Marlize Heppell, ’n kliniese sielkundige van Klerksdorp, reken drank haal die edge weg en is vir seker ’n gedeelde belangstelling vir egpare.
“Dit breek ook skanse af en inhibisies verdwyn. Mense kommunikeer vrylik. Wanneer een van die huweliksmaats drink en die ander een nie, is hulle nooit eintlik op dieselfde golflengte nie en dit kan soms kommunikasie bemoeilik.”
Marieta de Villiers, programbestuurder by Rustenburg Addiction Care by Stellenbosch, reken dit is oukei as ’n paartjie ’n bietjie alkohol gebruik om die “regte” redes, soos om af te skakel ná ’n stresvolle dag.
“Maar as hulle naderhand nét oor moeilike onderwerpe kan gesels wanneer hulle met alkohol ontsnap, wys dit daar is iets anders fout in die verhouding. Óf as die saamdrinkery naderhand tot rusies lei en dit veroorsaak die teenoorgestelde uitwerking as wat aanvanklik beoog is, dan moet die gevaarligte aangaan,’’ maan sy.
Lees meer HIER.
Die botteloopmaker vergeet?
Toemaar, dit gebeur met almal. Maar het jy al gehoor jy kan daai lekker bottel Merlot met ’n skoen oopmaak?
Herman het dit getoets – lees HIER hoe om dit te doen.
Glas wyn vir jou brak? Ja!
Vir baie mense is dit lekker om ná ’n lang dag terug te sit en ’n glasie wyn te geniet… Maar dalk wil jou hond ook graag ontspan ná ’n dag van slaap, speel of blaf. Nou kán Wagter ook ’n bak van sy eie chardonnay drink terwyl jy aan jou glas teug.
CharDOGnay is ’n nuwe bederf vir honde, maar voor jy begin grom dat alkohol baie sleg is vir jou troeteldier, moet jy weet dat dié drankie darem alkoholvry is. Dit is ’n “wyn” wat spesiaal vir honde gemaak word deur die Amerikaanse maatskappy Apollo Peak. Nog ’n wyn in Apollo Peak se hondereeks is ZinfanTail
Soos ZinfanTail word CharDOGnay uit ’n mengsels van kruie en beetwortels gemaak en lyk dit op ’n hondehaar na soos die ware Jakob vir mense. ZinfanTail is ’n “rooiwyn” vir honde en dit bevat ook pepermentblare, wat glo goed is vir ’n onstelde maag en help om naarheid te bekom.
Soos dit ’n goeie wyn betaam, is dié wyn nie goedkoop nie. Jy sal nagenoeg R240 vir ’n bottel betaal. Koop dit aanlyn (van oorsee) hier.
Lees nou
Tannie Poppie kook weer (met haar eie wyn ook) + haar gewildste pampoentert-resep!
The post Drink wyn – dis goed vir jou huwelik! appeared first on SARIE.