Wees grênd in ’n japtrap. Makliker as dít sal jy nie kry nie!
genoeg vir 2
125 ml room
250 ml winkelvla
15 ml bruinsuiker
Klits die room styf. Vou die winkelvla by die room. Gooi in ramekin-bakkies. Sprinkel bruinsuiker bo-op. Gebruik ’n blaasvlam en brand die suiker tot dit gekaramelliseer het. Laat staan sowat 1 minuut tot die karamel afgekoel het. Sit dan dadelik voor.
The post Crème brûlée in 5 minute appeared first on SARIE.