Ek hou daarvan om geurige kos te maak, maar sonder enige ekstra moeite. Een van my gunsteling-vriendinne wat ek gereeld tafel toe nooi, is boerewors.
Dit is reeds propvol geure wat binne minute gewone kos buitengewoon kan laat smaak. Van frikkadelle tot vulsels vir pasteie. Dis eenvoudig en lekker. Hier is my boerewors-pastei.
Jy benodig:
• 1 x 400 g rol-blaardeeg, ontdooi
• 500 g boerewors, uit die derm verwyder
• 4 wiele fetakaas
• 2 eiers, liggies geklits
Stap 1
Verhit oond tot 180 °C. Plaas vel blaardeeg op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier.
Stap 2
Verdeel deeg denkbeeldig in twee helftes. Plaas boerewors-vleis op die een helfte van die deeg. Los sowat 1 cm breë deegrand reg rondom oop.
Stap 3
Krummel fetakaas bo-oor die worsvleis.
Stap 4
Vou die ander helfte van die deeg bo-oor die vleis-en-kaas-vulsel. Gebruik die punte van ’n vurk en seël die kante van die deeg stewig toe.
Stap 5
Gebruik ’n skerp mes se punt en sny patrone in die deeg, maar moenie regdeur sny nie – net op die oppervlak van die deeg. Verf die hele pastei met geklitse eier. Bak vir 25-30 minute of tot goudbruin en gaar.
Kyk nou
Maak só die lekkerste koolslaai nog!
Maak só grondboontjiebotter-muesli
The post VIDEO: Boerewors-pastei vir aandete appeared first on SARIE.