Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Spandeer R200 en maak R200 wins!

$
0
0

Dis altyd lekker om ’n ekstra inkomste te hê. Dié koekies kos jou R200 om te maak, en sal jou R200 wins in die sak bring.

Jy benodig vir 120 koekies

• 460 g (500 ml) botter
• 500 g (650 ml) bruinsuiker
• 4 eiers
• 680 g (1 900 ml) hawermout
• 440 g (760 ml) koekmeel
• 400 g donkersjokolade, in growwe splinters gekap
• 5 ml sout

Maak wins

Maak so

Verhit oond tot 160 °C. Room botter en bruinsuiker met ’n elektriese menger tot lig en romerig. Breek eiers een vir een by en meng goed. Vou die res van die bestanddele om die beurt by en meng goed. Verdeel mengsel in 120 balletjies. Plaas op bakplate wat uitgevoer is met bakpapier. Druk met jou palm plat tot 1 cm dik. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en geniet saam met ’n glas yskoue melk.

Die koste

Die pryse is by ’n groot supermark gekry.

• 500 g botter R39,99
• 500 g bruinsukker R8,99
• 6 eiers R16,99
• 1 kg hawermout R28,40
• 1 kg koekmeel R11,49
• 400 g donkersjokolade R74,70
• 5 ml sout R0,40

Verpakking

• 10 sellofaansakkies R10,00
• 2 m materiaal-lint R8,99

Totaal: R199,95

So maak jy geld

Verpak koekies in pakkies van 12.
Koste per pakkie: R19,99
Verkoop teen R40 per pakkie = R400

Wins = R200

* Let wel: elektrisiteit is uitgesluit by dié berekening.

The post Spandeer R200 en maak R200 wins! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!