Die internet wemel van resepte vir skoonmaakmiddels van asyn en koeksoda. Ons het besluit om dit self op die proef te stel en vir jou te laat weet of dit werk.
Gaan koop maar solank die asyn …!
Jy het nodig
• 10 nartjies, gehalveer
• 750 ml witwyn-asyn
• koeksoda
• glasbottel
Stap 1
Plaas nartjies en asyn in glasfles en draai stewig toe. Laat staan die asyn-en-nartjie- mengsel vir 7 dae. Die asyn ontrek die sitrusgeure uit die nartjie en gee ook mooi kleur aan die asyn.
Stap 2
Gooi sitrus-asyn deur ’n sif in ’n skoon plastiekspuitbottel.
Stap 3
Sprinkel ’n dik laag koeksoda op die item wat jy wil skoonmaak. Ons het dit op ’n oondrakkie gebruik.
Stap 4
Spuit rojaal met asynmengsel en laat staan vir 10 minute.
Stap 5
Was die item onder warm water met ’n kombuislap.
Die resultaat:
Dit werk! Ons reken die mengsel van asyn en koeksoda is ook goed vir die skoonmaak van kombuis-werkvlakke en die skrop van potte.
Die enigste negatief: die wagtyd vir die asyn en sitrus om te week!
The post Maak jou eie skoonmaakmiddel onder R200 appeared first on SARIE.