As jy net een bykos vir jou volgende kuier kan maak, moet jy dié een kies! Dis besonder lekker.
GENOEG VIR 8
• 340 g rou aspersies
• 55 g (60 ml) botter
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 x 200 g-pak blokkiespek
• 1 brandrissie, fyngekap
• 1 x 100 g-pakkie gevlokte amandels • sout en varsgemaalde swartpeper
Bring pot met water tot kookpunt en dompel aspersies vir 5 minute in kookwater. Dreineer en hou eenkant. Verhit botter tot warm in groot braaipan. Voeg knoffel en spek by. Roerbraai 8 – 10 minute of tot spek baie bros is. Voeg rissie en amandels by. Braai nog 3 – 5 minute of tot amandels begin verbruin. Voeg aspersies by en skud pan liggies heen en weer tot aspersies met amandelmengsel bedek is. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor.
The post Amandelgebraaide aspersies appeared first on SARIE.