Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Rog-blikbroodjies met botter

$
0
0

Die brood word van helfte rogmeel en helfte broodmeel gemaak.

genoeg vir 6 – 8

•  375 ml water
•  1 x 10 g-sakkie kitsgis
•  10 ml melasse
•  10 ml sout
•  10 ml karwysaad
•  225 g (400 ml) donker rogmeel
•  225 g (400 ml) broodmeel
•  botter vir voorsit

Plaas water, gis, melasse en sout in die bak van ’n elektriese menger. Meng met die K-spaan by matige spoed tot goed gemeng. Voeg karwy- saad, rogmeel en broodmeel by. Verhoog spoed en meng 10 – 12 minute of tot mengsel in ’n bal in die middel van die bak saamkom. Plaas in skoon mengbak wat met olie gesmeer is.

Bedek met kleefplastiek en laat rys op warm plek tot dubbel die volume. Keer deeg uit en verdeel in 8 porsies. Rol porsies in ronde balle. Spuit 8 blikkies van jou keuse met kleefwerende kossproei en plaas ’n deegbal in elke blikkie. Sif ekstra rogmeel oor brood. Laat rys blikkies deeg tot dubbel die volume op ’n warm plek. Verhit oond tot 220 °C. Bak broodjies 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met botter wat soos ’n vissie lyk. Kyk uit vir so ’n outydse visvorm by oudhedewinkels.

The post Rog-blikbroodjies met botter appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!