Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Gemarineerde soetrissie en sampioene

$
0
0

Jy kan dit tot 2 weke in die yskas hou.

GENOEG VIR 8

• 2 soetrissies
• 60 ml olyfolie plus ekstra vir rooster                                                                                          • 55 g (60 ml) botter
• 800 g gemengde sampioene
• 4 knoffelhuisies, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 60 ml sjerrie-asyn
• 250 ml olyfolie
• 30 ml korrelmosterd
• hand vol pietersielie, gekap

Verhit oond se rooster-element tot rooiwarm. Smeer soetrissies met bietjie ekstra olyfolie. Plaas op bakplaat onder rooster- element. Rooster 5 – 10 minute of tot soetrissies se skil swart word. Plaas dadelik in skoon bak en maak toe met kleefplastiek. Laat sweet 10 minute. Halveer soetrissies en krap sade uit. Krap swart skil af met skerp mes. Sny rissies in dun repies. Verhit 60 ml olyfolie en botter tot warm in groot pot. Voeg sampioene en knoffel by. Roerbraai 8 – 10 minute of tot sampioene halfgaar is. Geur met sout en peper. Meng res van bestanddele om marinade te maak. Plaas sampioene en soetrissies in glasbak en gooi marinade oor. Laat marineer 4 – 6 uur in yskas. Sit koud voor.

The post Gemarineerde soetrissie en sampioene appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!