Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Wie kies die top-50 restaurante?

$
0
0

Ons vind vanaand uit wat en waar die 50 beste restaurante ter wêreld is. Maar die groot geheim is wie hierdie besluit maak. 

Ons kos-intern, Philippus le Roux, brand van nuuskierigheid – hier is sy vermoedens oor wie die gesiglose mense is wat besluit wie op The Diners Club® se lys van top-50 restaurante gaan kom.

Wie hou die titel?

Verlede jaar het die Roca-broers van El Celler de Can Roca-restaurant in Girona, Spanje, met die louere weggestap. Hulle is ook in 2013 as die beste restaurant aangewys. Nou wag almal in spanning of hulle die titel gaan behou.

Ander restaurante wat al meer as een maal die nommer 1-posisie behaal het, is die Spaanse restaurant El Bulli wat ook in Girona was, maar intussen sy deure toegemaak het. Die Deense restaurant Noma het al vier keer gewen.

Roca broers

Roca-broers, foto gegee deur theworlds50best.com

Wie besluit?

Agter die skerms van die gejaagde restaurantlewe is die skemerwêreld van die geheime beoordelaars. Hul ervaring by die restaurant is nes enige ander mens s’n – hulle moet ook ’n tafel bespreek en betaal en verdwyn daarna weer die nag in.

Maar dis nie net een of twee mense wat die besluit neem nie. Elke wêreldstreek (daar is 27 streke) het 36 beoordelaars, insluitend die voorsitter van die streek. SA val onder die Afrika-streek, maar lande soos Frankryk en Duitsland is ’n streek op hul eie omdat daar soveel goeie restaurante in die omgewing is en die beoordelaars by elke restaurant in die streek moet uitkom, verduidelik Amelie Hawkins, mediaverteenwoordiger van dié organisasie.

Maar nou wil ek weet – wie is die beoordelaars vir die Afrika-streek wat SA se beste restaurante beproef? Amelie sê nie almal is noodwendig van Afrika nie, maar wat ek wel by haar kon uitvind, is dat die meerderheid van die 36 beoordelaars Suid-Afrikaners is.

Ek kon nie help om eerste aan bekende sjefs te dink nie … die beoordelaars van MasterChef SA, Pete Goffe-Wood, Benny Masekwameng of Reuben Riffel. Of wat van Siba Mtongana of Jenny Morris? Maar dalk is die beoordelaars sommer glad nie bekendes nie.

En wat gebeur as ’n beoordelaar se identiteit verklap word? Die persoon word dadelik van die paneel verwyder, sê Tamsin Snyman, voorsitter van die Afrika-streek. Die rede is dat beoordelaars nie omgekoop kan word nie.

Ek wonder steeds wie die mense is, maar vir nou is hul identiteite veilig bewaar.

Nommer 51 – 100

Die restaurante wat nommer 51 tot 100 is, is reeds bekend gemaak en SA het een restaurant op dié lys – La Colombe in Kaapstad. Jy kan die volledige lys HIER sien.

Die beste 50 restaurante word vanaand, Maandag 13 Junie, in New York bekend gemaak.

The post Wie kies die top-50 restaurante? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!