Die slaai het ’n lekker vars pepersmaak danksy die radys. Jy kan die rissie weglaat as jy bang is dit brand te veel.
genoeg vir 6
• 500 g (½ kop) pers kool
• 3 klein andyviekoppe (endive)
• 6 radyse
• 100 ml karringmelk
• 250 ml tuisgemaakte mayonnaise
• 1 knoffelhuisie, baie fyn gekap
• 5 ml vars gemmer
• 60 ml olyfolie
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap
Gebruik voedselverwerker en rasper kool en andyvie in fyn repies – of sny dit met die hand as jy nie so ’n toestel het nie. Sny radyse in dun repies en plaas in groot slaaibak saam met gesnipperde kool en witloof. Meng karringmelk, mayonnaise, knoffel, gemmer, olyfolie en brandrissie. Geur goed met sout en peper. Gooi by koolmengsel. Voeg pietersielie by en meng alles saam met slaailepels. Proe en pas geurmiddels aan. Sit voor.
The post Radys-en-perskool-karringmelksous- slaai appeared first on SARIE.