Saffraan
Saffraan is een van die duurste speserye ter wêreld. Maar wees gewaarsku: sommige vervaardigers gebruik die fyn drade van mielie-baard of kan selfs so skelm wees om fyn papiertjies as nabootsing te gebruik!
Kaviaar
Kaviaar is sekerlik een van die gesogste en duurste bestanddele. Maar wonder jy soms waarom dié in die supermarkte anders lyk as kaviaar wat jy in restaurante of op TV sien? Dit hang af van die vis-eiers wat gebruik word. Verskillende soorte word gebruik en sekeres is skaarser en duurder as ander.
Wasabi
Die groen pasta wat met jou sushi kom is gewoonlik 'n mengsel van peperwortel, mosterd en groenkleursel! Ware wasabi, wat van die wortel van die wasabi-plant gemaak word, word geoes uit rivierbeddings en is baie skaars. Dit moet vars gerasper word en moet dadelik gebruik word, want die geur gaan binne minute verlore.
Truffel-olie
Truffel-olie word nie noodwendig altyd van regte truffels gemaak nie. 'n Onlangse studie het bevind dat baie produsente kunsmatige geurmiddels pleks van ware truffels gebruik! Regte swart truffels het 'n subtieler geur as die kunsmatige geurmiddels.