Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Slaai met gebraaide spanspek en ham

$
0
0

Tyd met Tapas

Laat jou gaste vergeet van tyd met ń verskeidenheid klein bakkies kos, warm en koud, en daarby heerlike, vars brood. So ń peusel-ete is sakpas en gemaak vir kuier.

Verras jou gaste met spanspek wat in ń riffelpan gebraai is met ons Slaai met gebraaide spanspek en ham

8 –10 porsies

• 30 ml olyfolie
• 1 groot spanspek, pitte verwyder en in skywe gesny
• 60 g roketblare
• 70 g (10 repies) parma-ham
• 250 g vars mozzarella (bocconcini)
• 125 g winkel-basiliekruidpesto
• hand vol vars basiliekruid
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit riffelpan tot vuurwarm – die rook moet letterlik daaruit draai. Sprinkel olyfolie oor spanspek. Sit skywe in warm pan en braai 5 – 8 minute per kant of tot goudbruin. Plaas op opdienbord. Sprinkel roketblare oor. Pak ham tussenin. Breek mozzarella-balle in kleiner stukke en plaas ook op bord. Skep pesto oor en sprinkel vars basiliekruidblare bo-op. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.

Slaai met gebraaide spanspek en ham

Slaai met gebraaide spanspek en ham
FOTO: Lee Malan

button (9)

Tokara sauvigno Blanc

Edition SARIE Maart 2012 | Story Tyd saam met Tapas|Resep Slaai met gebraaide spanspek en ham

The post Slaai met gebraaide spanspek en ham appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!