Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Gevulde hoenderborsies

$
0
0

Vir die voorgereg geniet  ons gevulde hoenderborsies

Vulsel

• 160 g spinasie, geblansjeer en fyngekap
• 20 g songedroogde tamaties, fyngekap
• 4 wiele fetakaas, gekrummel
• 1 eiergeel
• 100 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper

• 4 hoenderborsies, ontbeen en vel verwyder
• 30 ml Cajun-speserye
• 60 ml koekmeel
• 3 eiers, geklits
• gedroogde broodkrummels
• olie vir diepbraai

Meng bestanddele vir vulsel saam in ’n mengbak en geur goed met sout en peper. Plaas hoenderborsies tussen twee velle kleefplastiek. Kap borsies plat met vleishamer. Geur met Cajun-speserye.

Verdeel vulsel tussen die 4 borsies. Rol met kleefplastiek op in ’n stywe wors en plaas in yskas vir minstens 1 uur. Verhit oond tot 180 °C. Verwyder kleefplastiek. Bedek borsies met koekmeel en skud oortollige meel af. Doop in eier. Bedek met krummels. Verhit ’n groot kastrol met kookolie en braai borsies tot goudbruin. Plaas op bakplaat en sit vir sowat 15 minute in oond.

Gevulde hoenderborsies

Gevulde hoenderborsies

The post Gevulde hoenderborsies appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!