Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Onthou-kos #vroumaand2015

$
0
0

Vra jy ’n vrou wat haar hart warm maak wanneer sy aan kos dink, hoor jy woorde soos ‘Ouma s’n’ of ‘net my ma kan’. Ons het 6 bekendes om een tafel laat aansit waar hulle hul onthou-jy- nog-kosvertellings gedeel het. Genoeg inspirasie om Herman te laat kook!

Marion Holm, aktrise en regisseur

*Marion speel in MARION HOLM VIR BEGINNERS vanaf 12 – 22 Augustus by Montecasino en Theatre on the Bay.

“My ma, Nakkie Holm, het altyd haar eie skilferkorsdeeg aangemaak, vroegoggend terwyl dit nog koel was. Sy het nie die botter gerasper nie, ‘want jou hande laat dit smelt, Sustertjie’, daarom het sy dit fyn gesny. Dan het sy melkterte en hoenderpasteie op bestelling gebak. Die melktert is my beste herinnering, want die hoenderpastei kan ek self maak – ek het nog nooit die melktert probeer nie. Haar melktert het nié amandel of suurlemoen in gehad nie. En sy het ook nie neut of kaneel oor gestrooi nie, so ek hou ook nie daarvan op ’n melktert nie. Ek hou nét van my ma s’n.”

MELKTERT

Die vulsel is Nakkie Holm se oorspronklike resep.

FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

genoeg vir 3 terte

KORS

  • 450 g (490 ml) botter
  • 420 g (750 ml) koekmeel
  • 2 ml sout

  • 190 ml yswater

  • 1 eiergeel

  • 15 ml asyn

VULSEL

  • 
90 ml mielieblom

  • 150 ml (190 ml) suiker
  • 1 500 ml melk

  • 6 eiers, geskei

  • 5 ml vanieljegeursel

Kors

Rasper 1⁄4 van botter by meel en sout. Vryf in, voeg yswater, eiergeel en asyn by en meng tot deeg. Gooi deegbal 150 keer op werkvlak. Laat rus 15 minute.

Besprinkel werkvlak met ekstra koekmeel en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Rasper tweede 1⁄4 van botter op twee derdes van deeg en vou in drie (sodat daar botter tussen elke laag is). Verseël kante met koekroller. Rol die deeg uit en laat rus vir 15 minute. Herhaal proses met die twee uitstaande kwarte botter. Laat rus deeg in yskas vir 2 uur.

Rol deeg op meelbestrooide werkvlak tot 5 mm dik uit. Sny kante reguit met ’n skerp mes. Spuit ’n 3 x 25 cm-emaljebord
met kleefwerende kossproei en voer uit met deeg.

Vulsel

Verhit oond tot 180 °C. Meng mielieblom, suiker en melk saam in groot pot. Klits tot gladde mengsel. Plaas oor lae hitte en hou aan roer met draadklitser tot mengsel begin verdik – soos witsous. Hou aan roer tot mengsel gaar is, sowat 5 – 8 minute.

Verwyder van hitte en laat afkoel tot louwarm. Voeg eiergeel en vanielje by. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en vou by mengsel in. Verdeel tussen borde en bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin bo-op.

Laat afkoel en sit voor.

Vrouemaand ete herman augustus kos

FOTO: Donna Lewis

Kyk in die Augustus-uitgawe vir nóg resepte:

  • Elana Afrika-Bredenkamp se ma se hoenderkerrie
  • Therese Benade se ouers se gebraaide garnale, rys en slaai
  • Cindy Nell-Roberts se ouma se crunchie-koekies
  • Tracey Lange se ma se ná-kerk-jogurtbrood
  • Eloise Pretorius se hoender-en-garnaal-jambalaia

augustus vrouemaand vrouedag

 

The post Onthou-kos #vroumaand2015 appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!