Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou in elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!
In dié aflewering van ons opwindende nuwe reeks deel ons vandag die spyskaart en inkopielys sodat jy solank jou #SARIESondag kan beplan.
Dié week se #SARIESondag gaan oor tradisie met ’n twist! Soos net die ene Herman Lensing dit kan doen … Vergeet van die gewone sop en brood en probeer bietjie iets anders. Wat van koue vrugtesop? En nie net nóg ’n lamsboud nie, maar ‘n nuwe pastei met anderste aartappels as die gewone. Vir nagereg is daar pannekoek-koek en suurlemoen-en-kaneelroomys.
Hierdie Sondag se spyskaart verg ‘n bietjie meer moeite, maar ons help jou met al die beplanning om dit vir jou en jou geliefdes ekstra spesiaal te maak…
As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Marcel van Heerden, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.
Blaai deur die galery vir die resepte vir jou eerste #SARIESondag.