Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Eet soos ’n koning vir helfte van die prys – deel 2

$
0
0

Om lekker te eet hoef nie altyd duur te wees nie! Deur slim te dink en slim inkopies te doen, kan jy geld spaar. Vir elke duur bestanddeel is daar altyd ’n goedkoper alternatief.

In deel 1 het SARIE-kosredakteur Herman Lensing gewys hoe jy goedkoper chorizo-worsies kan maak met net paprika en varkworsies.

Nóú deel hy sy volgende geheim!

Noorweegse salm

Deesdae is dié vis feitlik onbekostigbaar. Dis ook nie volhoubaar om net vis uit ons see te eet nie. Ja, dis romerig en smelt letterlik weg in jou mond, maar daar is visse uit ander bronne wat net so lekker smaak teen die helfte van die prys.

Woolworths: Norwegian Salmon Portions, R199 vir 500 g

Pick n Pay: Lan Blue Ribbon Norwegian Salmon Fillet, R359,99 per kg

Spaar só geld sonder om geur te verloor

Daar is min dinge wat die smaak en tekstuur van salm kan vervang, maar daar is wel forel wat plaaslik geteel word en beskibaar is teen baie billike pryse.

Indien ’n resep sou vra vir salm, kan jy dit met forel vervang, trouens sekere supermarkte se etikette verwys reeds na forel as salm/forel – dis wanneer die vleis van die forel ekstra pienk en intens is. Daar is ook ander opsies, soos gerookteforel-linte, wat perfek werk in viskoekies of terrienvorms.

Forel

Woolworths: Trout Portions, R99,99 vir 300 g

Pick n Pay: Lan Blue Ribbon Rainbow Trout Fillet, R215,99 per kg

Ander opsies van forel

Woolworths: Oak Smoked Trout Ribbons, R27,99 vir 50 g

Pick n Pay: Three Streams Cold Smoked Trout, R49,99 vir  80 g

Eenvoudige forel-viskoekies

(2 PORSIES)

FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Bestanddele

300 g forel, in blokkies gesny

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 hand vol vars koljander, fyngekap

30 ml groen Thaise kerriepasta

1 eier

45 ml meel

sout en varsgemaalde swartpeper

60 ml olyfolie

slaaiblare van jou keuse

mayonnaise van goeie gehalte

Aanwysings

Verhit oond tot 200 °C. Meng vis, knoffel, koljander, kerriepasta, eier en meel. Geur goed met sout en peper. Gebruik jou hand en vorm 4 groot viskoekies met die mengsel. Verhit olyfolie tot warm in mediumgroot braaipan. Plaas koekies in warm pan en braai vir sowat 3–5 minute per kant of tot goudbruin. Plaas in oondpan en bak verder vir nog 5–8 minute of tot gaar. Sit warm voor met slaai en mayonnaise van jou keuse.

Lees ook

Eet soos ’n koning vir helfte van die prys

The post Eet soos ’n koning vir helfte van die prys – deel 2 appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!