Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Blatjanghoender

$
0
0

Hierdie treffer kan koud of warm geniet word. Ons hou maar van ’n bietjie soet in ons kos. Hierdie sous maak die hoendervleis heerlik sag, want dit bak in die sous. Die hoender word ook in die sous gelaat om af te koel, dan is dit heerlik sappig.

genoeg vir 8

• 125 ml romerige mayonnaise
• 125 ml blatjang
• 65 ml worcestersous
• 8 hoenderboudjies
• 8 hoenderdye
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Gooi mayonnaise, blatjang en worcestersous in ’n mengbakkie. Meng baie goed. Pak al die hoenderstukke in ’n groot oondbak. Geur met sout en peper en gooi sous oor. Maak seker al die hoenderstukke is goed bedek met sous. Maak bak toe met foelie en plaas in oond. Oondbak 1 uur. Haal uit oond en verwyder foelie. Bedruip hoenderstukke met sous en plaas oop terug in oond. Oondbak nog sowat 40 minute tot hoendervel brosserig en bruin is. Haal uit en laat in die sous afkoel tot kamertemperatuur. Skep uit sous in opdienbak en sit voor met ’n groenslaai en orige sous in opdienbak.

The post Blatjanghoender appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!