Wintertyd in my ouma se kombuis kon jy gereeld hoor hoe die pot se deksel klap terwyl die poeding stoom.
genoeg vir 6 – 8
• 250 g (270 ml) botter
• 250 ml gouestroop
• 200 g (250 ml) strooisuiker
• 4 eiers
• 420 g (750 ml) bruismeel
• 1 x 410 g-blik koejawels, gedreineer en fyngesny
• 1 x 400 g-blik karamelkondensmelk, geklits
VLA
• 300 ml melk
• 2 sakkies rooibostee
• 3 eiergele
• 150 g (170 ml) suiker
Klop botter, stroop en strooisuiker saam tot romerig. Voeg eiers een vir een by en klits elke keer goed. Roer meel en melk by. Voeg koejawels en kondensmelk by en meng. Spuit ’n 1 liter-keramiek- of emaljebak met kleefwerende kossproei. Skep die mengsel in die bak en smeer die bokant gelyk. Vou die bak in ’n moeseliendoek toe en maak ’n losserige knoop aan die bokant. Plaas die bak in ’n groot pot. Gooi kookwater in die pot tot by die halfpadmerk van die bak. Kook 2 uur oor matige hitte met die deksel op of tot ’n toetspen skoon uitkom. Vul die water so elke halfuur aan indien nodig. Maak solank die vla Bring melk en rooibostee tot kookpunt. Verwyder van hitte en laat staan vir 1 uur om te trek. Gooi mengsel deur ’n sif. Klits eiergele en suiker saam tot lig en romerig. Gooi rooibosmelk by en roer tot gemeng. Kook oor lae hitte tot mengsel die agterkant van ’n lepel bedek. Keer poeding uit op opdienbord en sit voor met vla.
The post Gouestroop-en-koejawelpoeding met rooibosvla appeared first on SARIE.