Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Wintertroos: Karamel-en-koffietiramisu

$
0
0

Tradisioneel word die gereg net met koffie gegeur. Ek gee dit ’n nuwe smaak met karamel, die geur van 2017!

Karamel-en-koffietiramisu

genoeg vir 8

6 eiergele
100 g strooisuiker
10 ml vanieljegeursel
100 ml soetwyn soos hanepoot
2 x 250 g-bakkies mascarpone, by kamertemperatuur
250 ml room
200 ml baie sterk koffie, by kamertemperatuur
30 vingerbeskuitjies
250 ml karamelsous (sien wenk)
100 g donkersjokolade
kakao vir oorsif

FOTO Donna Lewis

Metode

Bring pot met water tot kookpunt en verlaag hitte tot stadige prut. Plaas eiergele, suiker, vanielje en helfte van wyn saam in mengbak wat oor pot sal pas. Klits mengsel oor warm water met elektriese klitser tot eiers lig en skuimerig is, 8-10 minute. Verwyder van hitte en hou aan klits tot mengsel koud is. Terwyl menger loop, skep mascarpone lepel vir lepel by eiermengsel en klits tot glad. Hou eenkant. Klits room tot sagte punte vorm en vou by eiermengsel in. Meng koffie en res van wyn. Doop beskuitjies vinnig in koffiemengsel en pak ’n laag in bak met ’n deursnee van 30 cm en sowat 3 cm diep. Skep helfte van karamelsous oor, gevolg deur helfte van mascarponemengsel. Smeer gelyk. Rasper sjokolade oor en pak nog ’n laag beskuitjies bo-op wat gedoop is in koffie, asook res van karamel. Rond af met oorblywende mascarponemengsel. Plaas in yskas vir 4 uur. Sif kakao oor en sit voor.

Wenk: Maak karamel só

Gooi 200 g suiker in ’n pot en voeg 100 ml water by. Roer tot opgelos. Bring tot kookpunt en kook tot goue karamel vorm – sowat 10 minute. Verwyder pot van hitte en voeg 50 g botter by. Beweeg pot stadig in die rondte totdat al die botter gesmelt het. Voeg 125 ml room by en meng met ’n draadklitser tot glad. Laat afkoel.

The post Wintertroos: Karamel-en-koffietiramisu appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!