Die lewe rus op twee pilare: ’n bordjie soet en ’n bordjie sout. Kombineer jy dié twee, is dit hemel op aarde.
Ja, soet en sout werk wonderlik saam! Sout kikker enige gereg op, selfs die soetste nagereg. Lees hiér waarom.
Hoe voeg ons ’n sout smaak by nageregte wat dit sommer ’n twist ook gee? Spek is die antwoord!
Spek is reeds baie sout en werk ongelooflik goed saam met soet bestanddele. Dink maar aan daardie heerlike spek-en-glanskersie-rolletjies. Of spek saam met jou stroopsoet plaatkoekies.
Wat kan lekkerder wees as brosgebraaide gerookte spek? Voeg iets soets by!
Hier is ’n paar kombinasies wat jy kan oorweeg:
– Spek en grondboontjiebotter
– Spek en konfyt
– Spek en sjokolade
– Spek en vye of dadels
Klik hiér vir nageregresepte met spek. Die idees is eindeloos! En ons mond water klaar.
The post Spek in jou nagereg? appeared first on SARIE.