Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Patat-toast

$
0
0

Sny jy brood uit? Hier’s ’n manier om jou toast te eet. Plaas skywe patat in die broodrooster (toaster) – dis maklik, vinnig én glutenvry! 

Al wat ’n foodie is, deel nou hul #sweetpotatotoast-foto op sosiale media. En dis so maklik soos om ’n sny patat in jou broodrooster te plaas totdat dit gaar is. Dit is nie so bros soos patat-skyfies nie, maar die kante raak lekker bros.

Jy benodig

• 1 patat, in dun skywe gesny
• 60 ml sagte roomkaas
• 50 g gerookte forel
• 1 avokado, in dun skywe
• sout en varsgemaalde swartpeper
• vars mikrokruie van jou keuse

Stel jou broodrooster op die hoogste temperatuur en plaas die skyf patat daarin. Ek moes met my broodrooster die patat 4 keer insit voor dit gaar was – jou rooster se element is dalk warmer.

Laat die patat effens afkoel sodra dit gaar is.

Smeer ’n laag roomkaas op die patat. Plaas avokado, ’n stukkie forel en mikrokruie bo-op. Geur met sout en peper.

Jy kan letterlik enige vulsel op die patat plaas!

Lees nou

Kan avokado’s vinniger ryp word in die oond?

Ons toets: Basislaag (primer) vir ’n rooi vel

The post Patat-toast appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!