Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Rooiborsduif-brownies

$
0
0

Hierdie bly ’n gunsteling! Karien van den Berg van Potchefstroom het in 2014 ons brownie-kompetisie gewen met dié besonderse resep.

Die brownies bevat koffie en Nutella en jou mond water met die eerste kyk.

Karien sê:

Brownies is die één lekkerny wat ek nog altyd graag wou baasraak, want dis Daan, my man, se gunsteling. “Dit moet net reg wees,” sê hy altyd – chewy aan die binnekant, met ’n krakerige bolaag. Ek het dit al dikwels probeer, maar nog altyd sonder sukses. Party pogings was te veel soos koek, en ander het herinner aan sjokoladerotsies …

Met ons tweede huweliksherdenking op hande het ek besluit dis nou of nooit. Ek het in my resepteversameling rondgesoek en twee resepte gekombineer: een wat ek iewers gekry het en een uit my skoonsuster se geheime versameling wat sy met my gedeel het as my kombuistee-geskenk.

Op die groot dag kon ek my man uiteindelik bederf met die perfekte weergawe van sy gunsteling-tuisgebak! Ek noem die dekadente eetgoed rooiborsduif-brownies na aanleiding van Breyten Breytenbach se gedig, want dit was my rooi boodskap aan Daan.

sowat 12 blokkies

• 225 g (245 ml) botter
• 300 g goeie donkersjokolade
• 3 eiers
• 225 g (265 ml) strooisuiker
• 30 ml sterk swart koffie
• 75 g (130 ml) koekmeel
• ’n knippie sout
• 100 g haselneute, gerooster en grofweg gekap
• 100 g pekanneute, gerooster en grofweg gekap
• 5 ml vanieljegeursel
• 45 ml (3 groot eetlepels) Nutella, effens versag in die mikrogolfoond

Voer ’n 27 x 19 cm-koekpan uit met tinfoelie. Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter en sjokolade op lae hitte in ’n mikrogolfoond. Roer elke 30 sekondes.

Laat afkoel tot kamertemperatuur. Klits eiers, suiker en koffie tot romerig en glad in ’n mengbak. Voeg sjokolademengsel geleidelik by. Sif meel en sout oor sjokolademengsel en vou versigtig in. Voeg neute en vanielje by.

Skep helfte van mengsel in uitgevoerde pan. Drup lepels vol loperige Nutella bo-oor. Gooi res van beslag versigtig bo-oor, sodat Nutella ’n lagie in die middel vorm. Die laag smelt weg tydens die bakproses, maar dit sorg vir daardie ekstra bietjie “kou” in die middel.

Bak 40-45 minute. Haal uit oond, maar los in pan om af te koel. Haal uit pan en maak heeltemal toe met tinfoelie. Bêre in yskas, verkieslik tot volgende dag. Sny in blokke en sit voor met sjokoladesous van jou keuse.

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

WENK Die sjokolade-en-bottermengsel moet koel wees voor jy dit by die eiermengsel voeg, anders sal dit skif.

Jy sal ook dié resepte geniet

Vinnige, verleidelike sjokolade-bederf

Sjokolade-fudge-tert (in die mikrogolfoond)

Sjokolade-en-roomysrol

The post Rooiborsduif-brownies appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!