Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Errieda du Toit blog: Beetbedinges

$
0
0

Beetskywe ingelê in ’n suur piekelsous en gerasperde beetjellievorm met ’n kroon van frilletjiepietersielie was vir my kindergemoed een te veel. ’n Lewendige verbeelding, aangevuur deur bloedstollende kindersprokies, my broers se bangmaakstories en ’n beetkol wat nie wou uitwas uit my wit gesmokte kleuterrokkie nie, het my kleintyd getraumatiseer. 

My beetfiemies het tot n prosaïese einde gekom in my middel twintigerjare nadat ek Tom Robbins se boek Jitterbug Perfume gelees het. Reeds op die eerste bladsy het hy my so betower dat ek steeds die beetfrases uit my kop kan aanhaal, soos: The beet is the most intense of vegetables; Tomatoes are lusty enough, yet there runs through tomatoes an undercurrent of frivolity; Beet is what happens when the cherry finishes with the carrot.

Sedertdien is ek beetbedinges. Dis egter nie net ek wat verlore tyd moet inhaal nie. Al is beet reeds in antieke tye verbou, is dit eers in die 16de eeu aangeplant vir kulinêre gebruik. Veral die Vlaamse en Slawiese koskulture het beet aan hul boesem geneem. Dink beetsop met suurroom; beet en haring.

Beet vir rooi wange en gesondheid

Die meetsnoere het in mooi plekke geval vir beet, wat op die regte plek op die regte tyd is. Die afgelope paar jaar se groente-revolusie wat saamloop met die gesondheidsera en superbewustheid van superkosse, maak van beet die robyn van kombuisjuwele. Beet is vol kalium, nitrate, vitamien A en C, vesel en mangaan; die blare ryk aan kalsium.

Versap dit met vars gemmer, appel en komkommer. Maak beet-brownies en sit dit voor met skokpienk roomys, of gaan vir iets klassieks soos beet-ravioli met dragon en bokmelkkaas, afgerond met pistasieneut vir ’n kleurkontras. Maak fuchsia-pienk hoemoes met beet en cannellini-boontjies, of gaan die Ottolenghi-roete en kombineer beet met enigiets van labneh en za’atar tot preie en okkerneute; of maak ’n kleurryke slaai van rou beet, boerbone, ertjieranke, rooi-uie en avokadopeer.

Maar dis als so lenterig en alfresco-somerig. Hier in die Kaap huil die wind om die hoeke. Ek’s lus vir beet in ’n wintergedaante.

Onlangs koop ek by die Oranjezicht Stad-plaasmark (wat nou oorwinter in Granger-baai) die varsste bossies organiese beetjies, blare en al. ’n Resep uit ’n Australiese tydskrif wat beet én blare saambak, vang my oog. (Terloops, die Australiërs eet skywe beet op brood soos ons tamaties eet.)

Die smake is troostend-bekend, maar ook opwindend-nuut: toegewikkel in die geurigste tiemie- en knoffelroom word die gekookte beet en die blare bedek met broodkrummels en parmesaankaas; en gebak tot die knoffelroom in die mooiste koraalpienk van onder die goue krummeldeksel begin uitprut. Dit maak van beet die voortrek-kind in my winterkombuis.

Ian hand met beetgereg.jpg aangepas buite in koperbak

Gebakte bababeet in tiemieknoffelroom met krummelkaaskors

  • 16 jong bete, geskrop
  • 100 g jong beetblare
  • 300 ml room
  • 3 knoffeltoontjies, gekneus
  • 3 tiemietakkies
  • 80 g parmesaankaas, gerasper
  • 60 g broodkrummels van dag oud suurdeegplaasbrood
  • skil van 1 suurlemoen, gerasper

Metode

1. Kook beet in soutwater tot net sag, sowat 25 minute, dreineer en skil sodra koel genoeg. Plaas in ’n oondbak waarin dit lekker knus pas.

2. Blansjeer die beetblare vinnig in kokende soutwater, spoel af onder koue water, druk water uit, kap grof en strooi in oondbak. Voorverhit oond tot 180 °C.

3. In ’n kastrolletjie, kook die room af met die knoffel en tiemie tot die room dik is (sowat 10 minute). Giet oor die beet en blare. Geur na smaak.

4. Meng die parmesaan met die broodkrummels en suurlemoenskil, strooi oor die beet en bak sowat 20 minute tot die krummelkors goudbruin en bros is. Sit warm voor.

 

The post Errieda du Toit blog: Beetbedinges appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!