Verwelkom die wêreld se heel nuutste wondervrug – die heerlike Zespri SunGold-kiwivrug. Met ’n soet, sappige, tropiese smaak en ’n magdom gesondheidsvoordele behoort Zespri SunGold-kiwivrugte bo-aan elke vrugteliefhebber se inkopielys te wees.
In die algemeen bevat kiwivrugte aansienlik meer voedingstowwe as die meeste ander vrugte. Dit is gelaai met ’n kragtige kombinasie van vesel, antioksidante, vitamiene en minerale, en het boonop ’n lae kalorie-inhoud – perfek vir gesondheidsbewustes.
Die nuwe variëteit SunGold-kiwi bevat drie keer meer vitamien C as ’n lemoen. Al jou daaglikse vitamien C-behoeftes word dus maklik en lekker bevredig.
Sny, skep en geniet.
Sny die kiwi middeldeur, skep die sagte binnekant uit en geniet die wonderlike smaak van SunGold.
Nog ’n belangrike gesondheidsfeit is dat die Zespri SunGold-kiwivrug tien keer meer voedingswaarde as ‘n appel bevat. En dit is die helfte kleiner as ’n appel! Die vrug het ook ‘n lae glukemiese indeks (GI), wat dit geskik maak vir diabete.
Zespri International, die maatskappy wat verantwoordelik is vir die kweek en wêreldwye verspreiding van Zespri SunGold-kiwivrugte, is verbind tot volhoubaarheid en omgewingsbewaring. Jy kan dus enige Zespri-produk koop in die wete dat jy ’n verantwoordelike keuse maak.
Sit Zespri SunGold-kiwivrugte op jou inkopielys en kry ’n daaglikse gesondheidsinspuiting wat jou immuunsisteem tydens die koue wintermaande ’n hupstoot gee.
Besoek Zespri SunGold kiwivrugte se Facebook-blad vir ’n opwinende kompetisie
The post Promosie: Zespri SunGold – die goudstandaard van kiwivrugte appeared first on SARIE.