Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Uitdrukkaart-resepte: Portugese flan uit SARIE diabetes

$
0
0

In Frankryk heet dit crème caramel en in Spanje crema catalana. Die Portugese noem dit flan. Basies is al drie dieselfde.

genoeg vir 6

75 g (95 ml) strooisuiker
80 ml water
375 ml laevet-melk
4 eiergele
2 eiers
5 ml vanieljegeursel
45 g (60 ml) xilitol-versoeter

Verhit oond tot 160 °C. Bring strooisuiker en water tot kookpunt in ’n middelslag-pot. Laat kook 8 – 10 minute vinnig tot goue karamel vorm.

Spuit ’n patroonringpan met volume van 2 liter met kleefwerende kossproei. Gooi warm karamel onderin ringpan en laat staan tot gestol. Bring melk in ’n skoon pot tot kookpunt. Klits eiergele, eiers, vanieljegeursel en xilitol saam tot lig en romerig in ’n mengbak. Voeg warm melk by terwyl jy roer. Gooi hele mengsel deur ’n sif. Plaas ringpan in oondbak en vul bak halfpad met warm water. Gooi eiermengsel in pan.

Bedek met foelie en bak 50 – 60 minute of tot gestol soos jellie. Haal uit oond en sit in yskas om heeltemal af te koel. Keer versigtig uit en sit voor.

Ontleding per porsie

kilojoules 583,8;
koolhidrate 13,2 g;
proteïen 4,2 g;
vet 6,6 g

Druk dié mooi resepte-kaarte uit as geskenk vir die suikertand in jou lewe.

Diabetes flan resep illies

Laai dit ook HIER af.

Kry nóg resepte spesiaal vir diabete of enigeen wat minder suiker wil inneem in SARIE diabetes – nou te koop!

SARIE-Diabetes_large

The post Uitdrukkaart-resepte: Portugese flan uit SARIE diabetes appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!