Lekker én vullend. Almal sal vra vir nog ’n happie.
Bereidingstyd: 40 minute (insluitend kooktyd vir rys)
250 ml gaar Spekko Saman Brown Rice
1 klein komkommer, in blokkies gesny
250 ml tamaties, in blokkies gesny
½ rooi-ui, fyngesny
250 ml Italiaanse (flat-leaf) pietersielie, afgespoel en stingels afgesny
250 ml mentblare, afgespoel en stingels afgesny
1,25 ml fyn kaneel
2,5 ml wonderpeper (of Libanese sewespesery-mengsel)
1,25 ml fyn swartpeper
sout na smaak
sap van 1 suurlemoen (of na smaak)
150 ml ekstra-suiwer olyfolie
Meng al die bestanddele saam.
Kyk hoe maak Anna Carolina Alberts die gereg vir Spekko:
Besoek www.spekkorice.co.za vir nog resepte en volg Spekko op Facebook of @SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.
The post RESEP: Bruinrys-taboeli appeared first on SARIE.