Risotto met ’n soet kinkel!
genoeg vir 8
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute
875 ml melk
875 ml room
125 ml suiker
1 vanieljestokkie
60 ml botter
250 ml Spekko Long Grain Parboiled Rice
sout
240 g (3 plakke) witsjokolade, fyngekap
Vir die bessie-compot
400 g bevrore bessies
60 ml bruinsuiker
sap van 1 suurlemoen
60 ml soetwyn
5 ml neutmuskaat
Verhit die melk en room in ’n klein kastrol saam met die suiker en vanielje. Laat kook en verlaag dan die hitte om die melk net warm te hou.
Smelt 30 ml van die botter in ’n ander kastrol. Voeg die rys by en roer. Sodra die rys warm is en begin braai, roer aanhoudend en voeg die warm melk bietjies-bietjies op ’n slag by sodat die vloeistof geabsorbeer word voordat jy nog melk bygooi.
Laat prut vir 20 minute totdat die rys romerig, maar al dente is. Haal af van die plaat en roer die res van die botter, ’n knippie sout en die witsjokolade by.
Bessie-sous: Meng al die bestanddele in ’n medium-grootte pot saam en laat kook. Verlaag die hitte en laat prut vir 20 minute.
Sit die risotto-rys met die bessie-sous voor.
Kyk hoe maak Anna Carolina Alberts die gereg vir Spekko
Besoek www.spekkorice.co.za vir nog resepte en volg Spekko op Facebook of @SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.
The post Witsjokolade-risotto appeared first on SARIE.