Hulle deel hul resepte!
Al die resepte is beskikbaar op hul webtuiste. Ja, jy't reg gehoor! Al die toetse en resepte van deelnemers is beskikbaar op hul webtuiste.
Kry dit hier
hier Uitdagings is nie presies soos dit vir jou lyk nie
Die tydbeperkings bly dieselfde en sal nie deelnemers beïnvloed nie, maar ná afloop van die vasgestelde tyd word ekstra kamerawerk gedoen om te verseker daar is beeldmateriaal uit al die verskillende hoeke.
Deelnemers op balkon is irriterend
Dié deelnemers se gejuig is soms baie irriterend vir die deelnemers in druk-toetse (pressure tests).
Die kos is koud
Ná elke druk-toets (pressure test) word die geregte in die yskas geplaas en die span kry 'n middagete-blaaskans. Dit verseker regverdige beoordeling deur te keer dat die beoordeelaars honger is en voorkeur gee aan die eerste gereg wat hulle proe.
Die beoordeelaars het hul gunstelinge
Die beoordeelaars het hul voorkeure en in baie gevalle sal hulle ook gunsteling-deelnemers hê. Maar daar word nie gediskrimineer nie.
Spanning in die huis
Soos by elke kompetisie is daar groot druk en deelnemers ervaar baie spanning.
Geen selfone
Die deelnemers se selfone word om verstaanbare redes verbied. Hulle mag wel hul eie resepteboeke in die huis hê en daaruit voorberei.