Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Cannoli met karamel-en-springmielieroom

$
0
0

’n Klassieke Italiaanse nagereg uit Sicilië. Die koekiedeeg word gebraai om spesiale metaalpype. Ek maak dit modern met karamel en springmielies in die vulsel.

genoeg vir 8 – 10

KOEKIEDEEG

• 160 g (280 ml) koekmeel
• 45 ml strooisuiker
• 3 ml kaneel
• 3 ml sout
• 190 ml wit portwyn
• 45 ml botter, gesmelt

VULSEL

• 300 ml melk
• 100 g karamel-springmielies
• 3 eiergele
• 60 ml bruinsuiker
• 45 ml koekmeel
• 250 ml room
• olie vir diepvetbraai
• 1 groot eierwit, liggies geklits

Meng bestanddele vir koekiedeeg. Laat rus deeg in yskas terwyl jy vulsel maak. Bring melk en helfte van springmielies tot kookpunt. Skakel hitte af en laat staan 5 minute. Gooi melk deur sif om mielies te verwyder (gooi mielies weg). Klits eiergele, suiker en meel saam tot gladde pasta vorm. Gooi pasta saam met melk terug in pot en klits oor lae hitte. Verhoog hitte en roer tot mengsel dik en gaar is (soos witsous). Verwyder van hitte, plaas bakpapier direk op mengsel en laat afkoel.

Verhit olie in groot pot tot warm. Breek okkerneutgrootte stukkies van koekiedeeg af en rol papierdun sirkels uit op meelbestrooide werkvlak. Draai deegsirkels om metaalpype van 1,5 cm in deursnee en 5 cm lank. Plak los punte vas met eierwit. Diepvetbraai 2 – 3 minute tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en verwyder van metaalpype. Klits room styf en vou by springmieliemengsel in. Skep in spuitsak en vul cannoli daarmee. Sit voor met oorblywende springmielies.

The post Cannoli met karamel-en-springmielieroom appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!