Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Kaasburger, uieringe en sjokoladetert – als met whisky vir Inspirasiekos met SARIE

$
0
0

Daar is min dinge wat jou soos ’n grootmens laat voel soos n glas whisky saam met die manne! Geskink in fyn kristalglase met blokkies ys is dit n teken van sukses en goeie vriendskappe. In my soektog na die storie van kos en waar bestanddele vandaan kom, het my fynproewerneus my gelei tot op Wellington.

Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) Maandae om 18:30 is moontlik gemaak deur Spekko – besoek hul webwerf vir nóg rys-inspirasie.

Hier by James Sedgwick-distilleerders word Bain’s, Suid-Afrika se internasionaal bekroonde enkelgraan-whisky, gemaak. Dit lê vir jare in Amerikaanse eikehoutvatte, en dís waar die magic gebeur. Ek reken as goeie whisky reg is vir my glas, sal dit beslis ook reg wees vir my pot!

IKMS_S4EP02_pic1

Jeffrey Green, distilleerdery-bestuurder van Bain’s, leer my die storie van dié goue hemel:

1. Waarvan word Bain’s-whisky gemaak? Bain’s se whisky word gemaak van geel mielies wat plaaslik gekweek word.

2. Daar is baie reëls oor hoe jy whisky moet en mag drink. Wat is die heel beste manier? Die manier wat vir jou lekker is! Ek geniet dit oor ys met ’n paar druppels water by. Die keuse is joune, solank jy net whisky in jou glas het.

3. Waar kan ek Bain’s se whisky proe? Ons het pas ons distilleerdery vir die publiek geopen met ’n unieke whisky-en-kos-proe. Die proelokaal is nuut en jy kan dit besoek vir ’n unieke ervaring van verskeie whiskies saam met happies.

Besoek www.bainswhisky.com vir meer.

IKMS_S4EP02_pic3

My inspirasie-spyskaart vir die week

• Kaasburgers
• Whisky-uieringe
• Sjokolade-en-whisky-karameltert

IKMS_S4EP02_pic4

Kaasburger

Die idee om die vleis te rol soos een groot wors en dan te sny in perfekte ewe groot skywe het ek geleen by Britse sjef Heston Blumenthal. Dit help dat die vleis eweredig gaar word en nie droog braai nie.

genoeg vir 6

• 10 ml komynsade
• 30 ml koljander
• 6 snye brood
• 500 g maalvleis
• 250 g spek, fyngekap
• 1 rooi-ui, fyngekap
• 30 ml korrelmosterd
• 1 hand vol vars koljander, fyngekap
• 2 eiers
• 100 ml whisky
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 60 ml olyfolie
• 6 broodrolletjies
• 45 ml korrelmosterd
• 4 skywe briekaas
• 3 tamaties, ringe gesny
• basiliekruidblare
• agurkies

Verhit braaipan tot warm oor matige hitte. Voeg speserye by en rooster stadig tot geurvol vir sowat 2 minute. Plaas brood in voedselverwerker en verwerk tot fyn broodkrummels. Meng maalvleis, spek, uie, mosterd en koljander. Voeg speserye, broodkrummels en eiers by. Meng goed. Voeg whisky by en meng. Geur met sout en swartpeper en meng weer goed – om te toets of die mengsel genoeg gegeur is, braai ’n klein bietjie van die mengsel in ’n warm pan tot gaar. Proe en pas dan geur aan na smaak.

Rol sowat 60 cm kleefplastiek uit op werkvlak. Skep vleismengsel in middel van plastiek. Vou vleis toe in kleefplastiek. Gebruik dan buitenste punte van plastiek as handvatsel en rol hele mengsel oor werkvlak terwyl jy die plastiek stewig vashou. Die mengsel sal in middel saamdruk soos een groot wors. Knoop plastiek stewig vas. Plaas in vrieskas sowat 3 uur of tot halfpad gevries, maar nie hard nie.

Gebruik ’n skerp mes met ’n riffelrand (serrated knife) en sny die wors in skywe van sowat 2 cm dik. Verhit olyfolie tot warm in ’n mediumgroot braaipan. Verwyder kleefplastiek van vleissnye en plaas patties in warm pan. Braai vir sowat 3-5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Plaas die helfte van broodrolletjies op opdienbord. Smeer oor elkeen ’n lepel vol korrelmosterd. Pak kaasskywe, tamaties en patties bo-op. Plaas tweede broodjie bo-op. Steek in elkeen ’n hout-kebabstokkie met ’n basilieblaar en agurkie.

 

IKMS_S4EP02_pic5

Uieringe

Gebruik bier saam met whisky vir ’n bros tekstuur – albei word van graan gemaak, dus reken ek hulle is goeie vriende!

genoeg vir 6

• 140 g (250 ml) mielieblom
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 eierwitte
• 100 ml whisky
• 1 x 375 ml-bottelbier
• 2 uie, in ringe gesny en binneringe losgemaak van mekaar
• sonneblomolie vir diepbraai
• sout en varsgemaalde swartpeper

Sif mielieblom, koekmeel en bakpoeier saam. Voeg eierwitte en whisky by en meng liggies met ’n draadklitser. Voeg genoeg bier by om ’n dikkerige beslag te maak – die res kan jy maar drink! Verhit sonneblomolie in groot kastrol tot warm. Doop ’n paar uieringe op ’n slag in die deeg en diepbraai tot goudbruin en bros. Herhaal tot al die uie op is. Dreineer op kombuispapier en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor saam met hamburgers.

 

IKMS_S4EP02_pic6

Sjokolade-tert met whisky-karamel

Luuks, ryk en baie lekker!

genoeg vir 6-8

• 200 g Marie-koekies
• 100 g botter, gesmelt
• 10 ml karamelgeursel

Vir die vulsel

• 1 x 360 g-blik karamel-kondensmelk
• 150 ml whisky
• 200 g donkersjokolade, grofgekap
• 180 ml room
• 40 g botter

Maak koekies in ’n voedselverwerker fyn. Voeg botter en geursel by en meng tot die tekstuur van klam seesand. Voer ’n 30 cm-tertpan met mengsel uit en laat stol in yskas. Roer kondensmelk tot glad en meng whisky by. Skep onderin kors. Plaas sjokolade, room en botter in glasbak. Smelt oor pot met kookwater, roer tot glad en gooi in kors bo-oor sjokolade. Plaas vir sowat 2 – 4 uur in yskas tot gestol. Sit voor.

Nóg Inspirasiekos met SARIE-resepte

Waterblommetjie | Sout | Mossels en Oesters | Meel | Sampioene | Mozzarella | Soutwaterforel

Spekko Promosie Tag

Hierdie episode van Inspirasiekos met SARIE (VIA, DStv-kanaal 147) is geborg deur Spekko. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of@SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.

 

The post Kaasburger, uieringe en sjokoladetert – als met whisky vir Inspirasiekos met SARIE appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!