Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Die beste brownies nóg

$
0
0

As die suikertand jou beetkry oor die naweek, bak hierdie heerlike brownies – ons wys jou stap vir stap!

• 350 g donkersjokolade
• 250 g (270 ml) botter
• 3 eiers
• 250 g (315 ml) bruinsuiker
• 100 g (180 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 100 g pekanneute, grofgekap

1. Verhit oond tot 170°C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. Sny bakpapier in ’n strook van 10 x 35 cm. Plaas onderin vierkantige 22 cm-koekpan. Dit dien as handvatsels om brownies makliker uit pan te haal. Voer nou ook die kante van die pan met bakpapier uit.

Stap 1

Stap 1

2. Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Sit botter en sjokolade in ’n bak wat bo-op die kastrol pas. Plaas bak bo-op kastrol – maak net seker die water raak nie aan die bak nie. Skakel plaat af en smelt sjokolade en botter saam. Roer net so af en toe.

Stap 2

Stap 2

3. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig. Vou gesmelte sjokolade-en-bottermengsel by eiers in

Stap 3

Stap 3

4. Sif droë bestanddele saam en vou in mengsel. Vou neute in en gooi mengsel in koekpan. Plaas in oond en bak vir 50-55 minute. Daar sal ’n brosserige lagie bo-op vorm en die koek sal dalk vir jou nog effens rou lyk. Dít is wat brownies so lekker klam maak. As jy regtig onseker is, bak verder vir nog sowat 5 minute.

Stap 4

Stap 4

5. Laat vir rukkie in pan afkoel en haal versigtig uit. Sny in blokke.

Stap 5

Stap 5

The post Die beste brownies nóg appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!