Ek het inspirasie vir dié resep op een van my gunsteling-YouTube-kanale, Tasty, gekry.
genoeg vir 6
• 250 ml water
• 30 ml bruinsuiker
• 80 ml botter
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 4 eiers
• 1 x 385 g-blik karamelkondensmelk
• 100 ml melk
• sonneblomolie vir diepbraai
• kaneelsuiker om in te rol
• 1 liter roomys van jou keuse
MAAK SÓ KLAAR
Plaas kondensmelk en melk in klein pot en roer oor hoë hitte tot gladde sous. Verhit olie vir diepbraai tot warm. Lig gevriesde deegbakkies van kolwyntjiepan af en plaas dadelik in warm olie. Braai 8 – 10 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en rol in kaneelsuiker. Plaas op opdienbord en skep balle roomys in elkeen. Gooi karamelsous koud óf warm oor en sit voor.

FOTO Donna Lewis
The post Churro-bakkies met karamel appeared first on SARIE.