Goedkoop en heilsaam en baie geurig danksy die chorizo-wors.
genoeg vir 4
60 ml olyfolie
225 g chorizo-wors, in skywe gesny
1 ui, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi soetrissie, in skywe gesny
500 g kersietamaties
1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer (chickpeas)
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie in ’n diep pan en braai chorizo tot weerskante goudbruin. Voeg ui, knoffel en soetrissie by en braai sowat 5 minute oor matige hitte. Halveer helfte (250 g) van die kersietamaties en voeg by. Geur met sout en peper. Meng goed met houtlepel en maak pan toe met deksel. Stowe sowat 10 minute. Voeg res van kersietamaties en kekeretjies by en roer goed deur. Prut oop vir nog 10 minute tot tamaties sag en gaar is. Proe en geur weer met sout en peper. Sit voor met krakerige vars brood.
Lees nou
Slaai met geroosterde halloumi, aspersies en kekerertjies
Mossels met amandels en chorizo-sous
The post Kekerertjie-en-chorizo-gereg appeared first on SARIE.