Die winter se sneeukombers het homself plek-plek oor SA kom trek en dit bibberrrrrrrrrrrr van die koue! Maar ons weet al uit ondervinding dat jy die koue na hartelus kan wegeet, veral met vuurwarm pannekoek.
Hier’s die resep waaroor almal praat!
Kaneelpannekoek
sowat 10 pannekoeke
• 240 g (430 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 eiers
• 250 ml melk
• 250 ml water
• 12,5 ml suurlemoensap
• 25 ml sonneblomolie, en nog om pannekoeke in te braai
Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Klits eiers tot lig en voeg melk, water, suurlemoensap en olie by. Meng goed. Maak ’n holte in die middel van droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Meng en klits goed tot daar geen klonte is nie. Maak die bak met ’n lap toe en laat staan vir sowat 30 minute. Verhit sonneblomolie in ’n kleefvrye pan. Gooi van die olie af en vee die pan uit met kombuispapier.
Skep met ’n groot lepel van die beslag in pan en wikkel die pan rond sodat die beslag die pan se bodem bedek. Sodra borreltjies bo-op die pannekoek vorm, kan jy die pannekoek omdraai. Plaas ’n groot bord op ’n kastrol met kookwater om die pannekoeke warm te hou. Sit die gebraaide pannekoek op die bord en besprinkel met kaneelsuiker. Sit ’n deksel bo-op die pannekoek en braai die res van die beslag. Rol pannekoek op soos jy dit voorsit.
Kaneelsuiker
• 200 g (250 ml) suiker
• 15 ml fyn kaneel
Meng goed.
Ons het weer by paar bekendes gaan hoor waaraan hulle dink as hulle die woord “pannekoek” hoor.
Mynie Grové
As ek pannekoek hoor, dink ek “vuur in die kaggel, honde by my voete, ’n kat wat dophou, gemmertee en….’’. My lekkerste manier om pannekoek te eet is die klassieke manier: Met suurlemoen en ’n titseltjie kaneelsuiker, teen kamertemperatuur.
Anna-Mart van der Merwe
As ek pannekoek hoor, dink ek aan kaneelsuiker en winter. My beste manier om pannekoek te eet is met jou hande!
Jill Levenberg
Ek verkies ’n pannekoek met gestoofde appel, rosyntjies, kaneel en vars room. As iemand dit vir my so gee, dink ek terug aan die dae toe ek in Duitsland gewerk. Dis amper soos ’n cheat apfelstrudel.
Hanna Grobler
As ek pannekoek hoor, dink ek aan ’n reëndag by die skool… ek het altyd geweet as ons die middag by die huis kom, het my ma pannekoek gebak! My lekkerste manier om pannekoek te eet is met kaneelsuiker en suurlemoen. Jy kan piesang ook byvoeg. Ek hou ook van ’n sout pannekoek met maalvleis en kaas.
Anne Hirsch
As ek pannekoek hoor, lag ek eers, want dis ’n snaakse woord en dan doen ek my pannekoekdans van geluk. My lekkerste manier van pannekoek eet is met piesangs en karamel, met ekstra karamel en nog piesangs.

FOTO Facebook/ Anne Hirsch
Desiré Gardner
As ek pannekoek hoor, dink ek onmiddellik aan my ma. Dit was altyd haar manier om ons op ’n koue reëndag te bederf. My beste manier van pannekoek eet is die gewone manier, met kaneelsuiker natuurlik. Vir ’n souterige pannekoek is gesnyde Weense worsies met mayonnaise ’n treffer.
Kaneelpannekoek
sowat 10 pannekoeke
• 240 g (430 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 eiers
• 250 ml melk
• 250 ml water
• 12,5 ml suurlemoensap
• 25 ml sonneblomolie, en nog om pannekoeke in te braai
Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Klits eiers tot lig en voeg melk, water, suurlemoensap en olie by. Meng goed. Maak ’n holte in die middel van droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Meng en klits goed tot daar geen klonte is nie. Maak die bak met ’n lap toe en laat staan vir sowat 30 minute. Verhit sonneblomolie in ’n kleefvrye pan. Gooi van die olie af en vee die pan uit met kombuispapier.
Skep met ’n groot lepel van die beslag in pan en wikkel die pan rond sodat die beslag die pan se bodem bedek. Sodra borreltjies bo-op die pannekoek vorm, kan jy die pannekoek omdraai. Plaas ’n groot bord op ’n kastrol met kookwater om die pannekoeke warm te hou. Sit die gebraaide pannekoek op die bord en besprinkel met kaneelsuiker. Sit ’n deksel bo-op die pannekoek en braai die res van die beslag. Rol pannekoek op soos jy dit voorsit.
Kaneelsuiker
• 200 g (250 ml) suiker
• 15 ml fyn kaneel
Meng goed.
Lees nou
As ek pannekoek hoor … 5 bekendes vertel!
The post Beste pannekoekresep nog! PLUS 5 bekendes vertel appeared first on SARIE.