Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Sjokoladekoek met 2 bestanddele? Ons toets dit

$
0
0

Die internet wemel deesdae van kitsoplossings vir byna alles: Hoe kry jy dié Hollywood-look binne minute, verf jou huis kortpad, en, natuurlik, die resepte met lekker min bestanddele.

Ons by SARIE.com weet dat baie resepte op die internet nie werk nie, daarom toets ons die gewildes vir jou. Voordat jy onnodig geld uitgee op ’n resep wat dalk uit die staanspoor gedoem is tot ’n floppie, kyk eers wat sê SARIE.com. Só spaar jy!

’n Sjokoladekoek met net 2 bestanddele het dié week internetgebruikers gaande gehad. Lees hier. En gelukkig het ons dit eers getoets!

Screen Shot 2016-07-27 at 8.21.19 AM

Die toets

Ek gaan die koek stap vir stap bak, soos op die webwerf.

Jy benodig:

• 240 g donkersjokolade
• 4 eiers, geskei

Stap 1

Smelt sjokolade oor dubbelkoker – wees versigtig dat jy nie die sjokolade te warm maak nie.

240 g donkersjokolade, gesmelt

240 g donkersjokolade, gesmelt

Stap 2

Voeg eiergele by sjokolade en meng – maak seker die sjokolade is nie te warm nie. Sover lyk dit nog alles reg, maar gaan hierdie koek word? Ek wonder …

4 eiergele by ons sjokolade.

4 eiergele by ons sjokolade.

Stap 3

Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Ek gebruik my elektriese menger. Ek reken as jy so 60 ml strooisuiker bysit, sal die koek se tekstuur beter wees, maar ek keer myself en hou by die resep!

4 eirewitte geklits tot sagte punte.

4 eirewitte geklits tot sagte punte.

Stap 4

Roer nou ¼ van die eierwitte by die sjokolademengsel om dit los te maak. Hier sien ek probleme kom, want die sjokolade begin stol. As daar botter by die sjokolade was, sou jy dit makliker kon invou. Die kanse op sukses lyk vir my al minder …

Helfte van die eierwitte is ingeroer by sjokolad emengsel om dit los te maak.

Helfte van die eierwitte is ingeroer by sjokolademengsel om dit los te maak.

Stap 5

Hier raak ons probleme nog groter: ek vou die oorblywende eierwitte by die mengsel in, maar die sjokolade het bykans heeltemal gestol. Dit vou in, maar die tekstuur is krummelrig en daar is g’n sprake van daardie veerligte tekstuur wat jy in koekbeslag soek nie.

Die res van ons eierwitte probeer ek invou by die sjokolade mengsel.

Ek probeer die res van die eierwitte by die sjokolademengsel invou.

Stap 6

Spuit ’n 18 cm-losboompan goed met kleefwerende kossproei. Die mengsel is baie min, maar ek skep dit in die pan. Die eierwitte kan ook nie meer invou nie. Ek los dit maar en skep dit net so in die pan. Die koek is reguit oond toe by 170 °C – ek het geen geloof dat ons koek gaan kry nie! Die mengsel bak vir 25 minute.

Ons koek mengsel in 18-cm losboompan

Ons koekmengsel in 18-cm losboompan

 

Die resultaat!

Ná 25 minute ruik my huis na sjokolade, ek kan myself verbeel daar is koek in die oond. Maar ai! Dit wat ek uit die oond haal, lyk ver van my ouma se sjokoladekoek af. Dis baie plat, nes ek voorspel het. Hy voel taai as ek aan hom druk, byna soos ’n rubberbal.

Die koek is afgekoel en gesif met kakao.

Die koek is afgekoel en gesif met kakao.

 

Ek proe hom …

Vir die voorsit sif ek kakaopoeier oor, en dit lyk baie mooi. Ek verander summier die koek se naam na brownie.

Is dit suksesvol? NEE!

Die koek smaak die ene eier en dis glad nie lekker om te eet nie. My raad: bly weg van hierdie resep af. As die lus vir sjokoladekoek jou oorval, probeer my ouma se resep. Hy werk keer op keer en is baie min moeite. Klik hier vir die resep.

The post Sjokoladekoek met 2 bestanddele? Ons toets dit appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!