Het die nuwe inkopie-gier Little Shop jou huis ook getref? Spandeer R150 en kry ’n klein speelding – ’n replika van ’n regte produk!
Maar hoe gemaak as ek twee boksies OMO het? In my vriendekring, en ook op kantoor, hoor ek hoe ouers ruilhandel by die skool. Daar’s selfs WhatsApp-groepe waar ouers mekaar inlig as hulle meer as een van ’n produk het.
Weens die aard van my werk doen ek bykans daagliks inkopies vir SARIE se fotosessies. My huis loop oor met elke denkbare produk in dié reeks. Omdat ek nie kinders het nie, het ek besluit om dié speelgoed vir ’n inkopiebord te gebruik.
Maak so jou eie inkopiebord
1. Versamel genoeg van die klein speelgoed. Daar is 29 in die reeks. Dis alledaagse produkte soos wasgoedseep, brood en melk.
2. Koop magneet-kleeflint (te kry by kunswinkels) en plak dit agterop die speelgoed.
3. Laai ons spesiale PDF hier af en druk dit uit op stewige karton.
4. Plak die karton op jou yskas saam met die magneet-speelgoed.
5. Sodra iets min raak of dalk op is, plak die speelding die produk op jou inkopielys.
Nou het grootmense ook ’n goeie rede om die klein speelgoed te versamel!
The post Little Shop-produkte vir jou yskas! appeared first on SARIE.