Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Eet nóú koejawels

$
0
0

Koejawels is nou in seisoen en in byna elke supermark beskikbaar. Dié wintervrug is ’n goeie bron van yster en vesel en bevat ook betakaroteen, kalsium en kalium.

As ’n ryk bron van vesel help koejawels om cholesterol en bloeddruk te verlaag, en die likopeen om hartsiektes te voorkom. Dit het ook ’n lae glukemiese indeks (GI) en bevat min kilojoules, wat help om honger én die vetrolle in bedwang te hou. Koejawels word selfs in skoonheidsprodukte gebruik, aangesien hulle ryk is aan antioksidante (vitamiene A, B, C en kalium), wat groot teenverouderings- en detoksvoordele vir jou vel inhou.

Het jy geweet?

1. Die blaar van die koejawelboom bevat swart pigmente wat in die tekstielbedryf gebruik word.

2. Koejawels het ’n baie hoë vitamien C-inhoud (selfs meer as lemoene!). Begin jou dag gesond deur koejawels vir ontbyt te eet met lepels vol romerige jogurt.

3. Koejawels se oorsprong is in Mexiko. Maar dit het sy pad gevind tot in die Ooste. Lande soos China en Japan is vandag internasionaal die grootste produsente van koejawels.

4. Een koejawel bevat tussen 100 en 500 sade.

5. Al ooit gehoor van Sinigáng sa Bayabas? Dis ’n bekende Fillippynse sop wat gemaak word van oorryp koejawels en vis. Die sop is waterig in voorkoms en ’n groot spesialiteit op spyskaarte.

Probeer hierdie maklike geurige koejawels vir ontbyt of nagereg.

sk0907koejawels05

The post Eet nóú koejawels appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!