Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Spaarwenke wanneer jy kos-inkopies doen

$
0
0

Met die ekonomie wat knyp en kospryse wat bly styg, kan inkopies ’n stresvolle affêre raak. Spaar só deur goed te beplan.

1. Moet nooit honger winkels toe gaan nie – maak altyd seker dat jy iets eet voor jy jou weeklikse inkopies aanpak. Dit verseker dat jy geen onnodige items in jou mandjie laai nie.

FOTO Unsplash (William Iven)

FOTO Unsplash (William Iven)

2. Maak ’n inkopielys voordat jy winkels toe gaan en bly daarby. Vermy impulsiewe aankope soos lekkernye en gaskoeldranke.

Screen Shot 2016-07-04 at 5.25.05 PM

3. Beplan jou week se spyskaarte vooruit en koop daarvolgens. 

4. “Shop around” – bespaar weekliks deur verskeie supermarkte se winskopies dop te hou.

5. Vergelyk pryse en gehalte – onthou dat “no name”-handelsmerke en “buy bulk and save” nie noodwendig goedkoper is nie. Kyk deeglik deur die winkelrakke – die duurder items word gewoonlik op ooghoogte geplaas. Om te koop volgens ’n begroting beteken gewoonlik om jou rande te rek en te buig!

Hier is ’n lekker maklike bekostigbare resep onder R100 vir ’n gesin van 4.

Macaroni-en-kaasgebak

FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

Hier is ’n lekker maklike bekostigbare resep onder R100 vir ’n gesin van 4.

genoeg vir 4

• 100 g (120 ml) botter
• 1 liter melk
• 500 ml hoenderaftreksel
• 250 ml room
• 500 g pasta (macaroni of skroewe)
• 400 g sterk cheddarkaas, gerasper

Verhit oond se roosterelement. Verhit botter, melk, aftreksel en room tot kookpunt in ’n groot kastrol. Roer goed met ballonklitser tot botter gesmelt het (moenie bekommerd wees as die mengsel dalk skif nie – klits dit net vinniger sodat dit weer bymekaarkom). Voeg die pasta by en verlaag hitte tot matig.

Roer nou en dan met houtlepel. Prut sowat 15 minute tot pasta gaar is. Voeg helfte van kaas by pasta en roer goed deur. Sprinkel res van kaas bo-oor en plaas onder warm roosterelement tot bros en goudbruin. Sit warm voor.

Lees nou

Spaar krag terwyl jy kook dié winter PLUS die beste mikrogolf-resepte

Op almal se lippe: Patat-toast

5 brode vir jou sop (bak in minder as ’n uur!)

Lees ook

Die geheime van slim koop

Botter toe nie so sleg vir jou!

Vroue bestuur beter as mans … of hoe?

The post Spaarwenke wanneer jy kos-inkopies doen appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!