Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Kekerertjie-patee

$
0
0

Baie resepte skryf voor dat dié patee (hoemoes) met olyfolie gemaak word, maar dit kan dit bitter laat smaak. Ek maak dit met warm water.

GENOEG VIR 12

  • 500 g droë kekerertjies (chickpeas)
  • 600 ml kookwater
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 125 ml tahini-pasta – kyk by gesondheidswinkels
  • 30 g bos pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • olyfolie en paprika vir voorsit
  • granaatpitte (opsioneel)

Bedek kekerertjies met koue water en week oornag. Plaas in pot en voeg ekstra water by tot sowat 2 cm bo ertjies. Bring tot kookpunt en kook 20 – 25 minute of tot sag en gaar.

Dreineer en plaas in voedselverwerker saam met kookwater, knoffel, tahini en pietersielie. Verpulp by hoë spoed tot glad. Geur baie goed met sout en peper. Skep in opdienbak en sprinkel olyfolie, paprika en granaatpitte oor. Sit voor.

The post Kekerertjie-patee appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!