Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Engelse-roos-appeltertjies

$
0
0

Dié mooi tertjies laat my aan die roos op die Engelse rugbytruie dink.

GENOEG VIR 6

1. 6 rooi appels

2. 100 g (110 ml) sagte botter

3. 100 g amandelvlokkies

4. 100 g (190 ml) versiersuiker

5. 1 x 400 g-vel blaardeeg

Sout

Maak tertjies só

Verhit oond tot 180 °C. Halveer 6 rooi appels en sny pitte uit. Sny appels in baie dun skywe.

lancewood001

Plaas appels in groot mengbak en voeg bietjie sout by. Maak bak stewig toe met kleefplastiek en plaas vir 3 minute in mikrogolfoond. Haal uit en meng versigtig. Maak weer toe met kleefplastiek en plaas vir nog 3 minute in mikrogolf.

lancewood002

Haal kleefplastiek af en laat effens afkoel. Pak appels op kombuispapier om droog te word en af te koel.

lancewood005

Plaas 100 g botter, 100 g amandels en 100 g versiersuiker in voedselverwerker
en verpulp.

lancewood006

Sprinkel bietjie meel op werkvlak en plaas 1 x 400 g-vel blaardeeg bo-op. Rol deeg dunner uit in die breedte.

lancewood026

Sny deeg in breedte in 6 stroke. Smeer van die amandelpasta aan die een kant van elke strook.

lancewood028

Pak appels met skilkant na bo op amandelpasta.

lancewood029

Rol elke strook versigtig op.

lancewood031

Spuit ’n muffinpannetjie met 6 groot holtes met kleefwerende kossproei en plaas ’n tertjie in elke holte. Bak 30 – 35 minute. Haal uit oond en laat paar minute afkoel voor jy dit uit pan haal. Sif bietjie versiersuiker oor.

lancewood032

The post Engelse-roos-appeltertjies appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!