Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Swartbone-salsa-slaai

$
0
0

As jy nie swartbone kan kry nie, gebruik swartbek-boontjies (black-eyed beans).

Genoeg vir 6

  • 250 g droë swartbone
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
  • groot hand vol vars koljander, grofgekap
  • 1 blik (340 g) mielies, gedreineer
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 100 g klein rosa-tamaties

SOUS

  • 150 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Sit die bone in ’n groot kastrol en gooi koue water by. Die bonemoet heeltemal bedek wees. Maak toe met ’n deksel. Bring die water tot kookpunt en kook vir 5 minute. Laat die bone minstens 2 uur in die water staan. Dreineer en gooi terug in die kastrol. Gooi water op en bring tot kookpunt. Kook tot die bone sag is (dit duur sowat 11⁄2 uur).

Dreineer en laat afkoel. Meng al die bestand- dele (behalwe die sous s’n) in ’n groot bak. Meng nou die sousbestanddele en gooi oor. Roer goed deur en sit voor saam met gebraaide tortillas.

The post Swartbone-salsa-slaai appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!