Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Tamales – mielie-en- hoender-pakkies

$
0
0

Sit voor met pekel-radyse.

genoeg 4 – 6

• 6 mielies, met blare aan
• 400 g hoenderborsies
• hand vol kruisement, gekap
• 2 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyngerasper
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 brandrissies, fyngekap
• 60 ml soet sojasous
• 45 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 180 °C. Verwyder blare van mielies en hou eenkant. (Probeer blare so heel as moontlik hou.) Bring ’n pot met water tot kookpunt en kook skoon mielies tot sag en gaar, sowat 8 – 10 minute.Gebruik ’n skerp mes en sny die gaar mieliepitte van die stronk af. Plaas hoenderborsies, kruisement, gemmer, knoffel, rissies en mieliepitte in voedselverwerker en verwerk tot tekstuur van growwe maalvleis. Voeg sojasous en olyfolie by en meng goed.Geur met sout en swartpeper.

Plaas ’n mielieblaar plat op werkoppervlak en skep 2 groot lepels van die mengsel sowat 2 cm van die onderpunt op die blaar. Vou die 2 cm na bo en rol dan die kante van die blaar om die vulsel. Bind oop kant stewig toe met kombuistou. Herhaal tot mengsel op is. Sit in oondbak en gooi hoenderaftreksel oor. Plaas in warm oond en bak 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.

Lees nou

Agter die kos-skerms

The post Tamales – mielie-en- hoender-pakkies appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!