Quantcast
Channel: Kos – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

As ek pannekoek hoor … 5 bekendes vertel! Plus maklike resep

$
0
0

As ek aan pannekoek dink, sien ek dadelik my ma agter die stoof in ons Upington-kombuis, my pa by die tafel langs die stoof besig om die een pannekoek na die ander netjies op te rol soos my ma hulle bak.

Tot vandag toe bak my ma vir my pannekoek as ek huis toe gaan bak en my pa rol dit (niemand kan pannekoek so netjies rol soos hy nie!). Dan word dit warm gehou in ’n vierkantige Pyrex-bak in die lou-oond.

Ons het by 5 bekendes gaan hoor waaraan dink hulle as jy sê pannekoek:

FOTO: Instagram (@armandaucamp)

FOTO Instagram (@armandaucamp)

Armand Aucamp

“As ek die woord ‘pannekoek’ hoor, dink ek onmiddellik aan sagte reën en mis in die Boland. My beste manier om pannekoek te eet is met baie kaneel, bietjie heuning en ’n paar druppels suurlemoensap.”

cindy swanepeol

FOTO Ballade vir ‘n enkeling

Cindy Swanepoel

“As ek pannekoek hoor, dink ek aan reën en koue weer. Toe ek jonger was, was my pa vreeslik erg oor braai as die son skyn en pannekoek as dit reën, ons het dit nooit andersins geëet nie! My beste manier om pannekoek te eet is met stroop en roomys … soos ’n wafel. Maar daar’s ook niks fout met maalvleis en ’n kasie nie!”

Bouwer Bosch FOTO: Werner Botha van Plastiek

FOTO Werner Botha van Plastiek

Bouwer Bosch

“As ek pannekoek hoor, vat dit my terug na my hoërskooldae van atletiek en rugby. Daar was altyd pannekoek te koop iewers by ’n snoepie agter die paviljoen. My beste manier om pannekoek te eet is … met Nutella en gerasperde Bubbly-slab.”

Portraits-12-Edit

FOTO Donna Lewis

Greta Pietersen

“Daar is niks beter as die klassieke pannekoek met kaneelsuiker wat sommer nog lekker warm is nie. En pannekoek is natuurlik ’n móét vir ’n koue dag! Die beste is as jy sommer dan toevallig op ’n pannekoekstalletjie buite ’n winkel of op straat afkom en dit op impuls koop.”

hannes van wyk lees nou

FOTO Willem Lourens

Hannes van Wyk

Pannekoek laat my dink aan die kombuis in Aliwal met my ma agter die stoof – veral ’n souterige pannekoek met ’n lekker dik kerriemaalvleisvulsel.

pammekoek

Kaneelpannekoek

(sowat 10 pannekoeke)

• 240 g (430 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 eiers
• 250 ml melk
• 250 ml water
• 12,5 ml suurlemoensap
• 25 ml sonneblomolie en nog om pannekoeke in te braai

Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Klits eiers tot lig en voeg melk, water, suurlemoensap en olie by. Meng goed. Maak ’n holte in die middel van droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Meng en klits goed tot daar geen klonte is nie. Maak die bak met ’n lap toe en laat staan vir sowat 30 minute. Verhit sonneblomolie in ’n kleefvrye pan. Gooi van die olie af en vee die pan uit met kombuispapier. Skep met ’n groot lepel van die beslag in pan en wikkel die pan rond sodat die beslag die pan se bodem bedek. Sodra borreltjies bo-op die pannekoek vorm, kan jy die pannekoek omdraai. Plaas ’n groot bord op ’n kastrol met kookwater om die pannekoeke warm te hou. Sit die gebraaide pannekoek op die bord en besprinkel met kaneelsuiker. Sit ’n deksel bo-op die pannekoek en braai die res van die beslag. Rol pannekoek op soos jy dit voorsit.

Kaneelsuiker

• 200 g (250 ml) suiker
• 15 ml fyn kaneel

Meng goed.

20160610_Digitorial SHakeUp Tag

The post As ek pannekoek hoor … 5 bekendes vertel! Plus maklike resep appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 712

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!